Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 48:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.

5. ’n Klomp konings het kragte teen die stad saamgespan, hulle het bymekaargekom om die stad aan te val.

6. Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon.

7. Hulle was so bang soos ’n vrou net voor sy haar baba in die wêreld bring;

8. ja, net soos mense op skepe wat magteloos in ’n vernietigende storm vernietig word.

9. Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien.Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur.Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 48