Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Maar vir ons, sy kinders, kies Hy die pragtigste land, want Hy het ons lief.

6. Soos ’n koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense hom hardop toejuig,so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom.

7. Sing, maak God groot met elke lied. Ja, sing en moenie ophou nie, want God is jou koning.

8. Hy heers oor alles. Daarom moet ons liedere sing wat vertel hoe groot Hy is.

9. Hy heers oor elke mens, belangrik of onbelangrik, want Hy is die Here wat regeer.

10. Regeerders, heersers, ja, al die belangrikste mense sal by God kom staan omdat hulle graag sy mense wil wees. Hy is Abraham se God.Hoe groot is God nie; Hy heers oor al die heersers.Niks en niemand is so groot soos Hy nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 47