Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:3-9 Die Boodskap (DB)

3. Hoe ongelooflik groot is ons Here, die Allerhoogste! Niks en niemand kan met Hom vergelyk word nie.

4. Hy regeer oor alles. Wat Hy wil hê, gebeur net so.Ons vyande het geen kans teen Hom nie; met gemak vee Hy hulle eenkant toe.

5. Maar vir ons, sy kinders, kies Hy die pragtigste land, want Hy het ons lief.

6. Soos ’n koning wat na sy troon toe stap terwyl die mense hom hardop toejuig,so juig ons oor die Here as Hy na ons toe kom.

7. Sing, maak God groot met elke lied. Ja, sing en moenie ophou nie, want God is jou koning.

8. Hy heers oor alles. Daarom moet ons liedere sing wat vertel hoe groot Hy is.

9. Hy heers oor elke mens, belangrik of onbelangrik, want Hy is die Here wat regeer.

Lees volledige hoofstuk Psalms 47