Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:6-19 Die Boodskap (DB)

6. Met u hulp sal ons die mense wat met ons baklei onderstebo loop. In u Naam wen ons die mense wat teen ons opstaan.

7. Ons maak nie op ons eie krag staat nie. Ons wapens sal ons nie laat wen nie.

8. Dis net U wat ons in die verlede laat wen het.U het ons vyande skaam-skaam huis toe laat gaan.

9. Ons het U toe heeldag lank geprys en bewonder. Ons het U geloof.

10. Maar, Here, U het ons nou van U af weggestamp!U het ons verneder!U het ons nie gehelp toe ons teen ander mense geveg het nie.

11. Ons moes vlug.Ons vyande het al ons goed gevat.Hulle gee niks vir ons om nie.

12. Ons is soos diere wat geslag word.U het ons uitgelewer aan vreemde mense in die omgewing en ons tussen hulle verstrooi.

13. U het u kinders vir wie U lief is, byna verniet weggegee.In ruil daarvoor het U amper niks gekry nie. U maak geen wins op ons nie.

14. U het ons verneder voor almal wat rondom ons bly.Die mense wat ons sien, lag ons uit. Hulle spot met ons.

15. Mense van ander nasies spot met ons. Hulle kyk op ons neer.

16. Ons word heeltyd verneder.Ons kan niemand meer in die oë kyk nie. Ons is te skaam.

17. Ons vyande spot met ons. Hulle trap ons in die modder.Hulle geniet dit om lelik met ons te wees.

18. Kyk net wat het alles met ons gebeur, Here!Ons het U en u ooreenkoms met ons nie vergeet nie.

19. Ons het nie ons rug vir U gedraai nie.Ons het nie van u pad weggegaan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44