Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:20-27 Die Boodskap (DB)

20. Tog het U ons vernietig. Ons huise is afgebreek.Ons leef in die land waar die dood vir ons loer.

21. God weet mos as ons Hom skielik nie meer dien nie.Hy sal vinnig agterkom as ons by vreemde afgode hulp gaan vra.

22. Hy weet wat mense in die geheim dink en doen. Sou Hy nie agterkom wat ons doen nie?

23. U het ons ’n lang tyd laat swaarkry, Here.Dit is oor U dat ons behandel is soos diere wat geslag word.

24. Is U nog daar, Here? Slaap U?Hoekom doen U dan niks nie? Gryp in!Moenie ons wegstamp nie!

25. U maak asof U nie daar is nie.U speel wegkruipertjie met ons. U steur U nie aan ons nie!U draai die rug vir ons terwyl ons swaarkry en mense met ons spot.

26. Ons word in die grond in getrap. Ons kan nie self regop kom nie.

27. Help ons, Here! Red ons omdat U ons liefhet.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44