Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 42:7-12 Die Boodskap (DB)

7. My God, ek is heeltemal moedeloos.Hier sit ek by ’n waterstroom ver van die plek waar ek U aanbid het.Hier ver weg van almal dink ek aan U.My gedagtes dwaal ver terug.

8. In die agtergrond bruis die waterstrome.Net soos die watermassas oor die stompe en klippe slaan, so het U ’n groot klomp swaarkry en hartseer oor my laat spoel.

9. Maar die Here sal my weer bevry.Bedags sal Hy by my wees met sy liefde, terwyl ek in die nag lofliedere vir Hom sal sing.In my gebed sal ek by Hom wees.Ek sal tot Hom bid, want Hy is die God wat my oppas.

10. Ek wil vir God sê: “U bewaar my mos! Waarom het U dan vergeet om my te help? Waarom moet ek so swaarkry? Waarom moet ek hartseer wees?Mense wat niks van my hou nie, maak dit vir my moeilik.Hulle gespot word vir my te erg.”

11. Dit voel of hulle ’n mes in my hart steek as hulle heeltyd vir my sê: “Waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?”

12. Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Hoekom so hartseer? Vertrou net op God.Ek sal Hom weer loof, al kry ek swaar.Dit is Hy wat my sal help. Hy is my God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 42