Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:5-12 Die Boodskap (DB)

5. Dit gaan goed met elkeen wat op die Here vertrou.So iemand gaan vra nie hulp by mense wat dink hulle is beter as ander of by mense wat van leuens lewe nie.

6. Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen.U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie.Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie.Dit is te veel vir woorde.

7. U stel nie daarin belang dat mense geskenke of offers na U toe bring nie. U vra net gehoorsaamheid aan U.

8. Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê.Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.

9. My God, ek wil baie graag doen wat U gelukkig maak.Daarom is u wil deel van my lewe.

10. Wanneer u kinders bymekaar is, vertel ek vir hulle hoe regverdig U optree.Here, ek kan nie daaroor stilbly nie. U weet dit.

11. Ek praat dag en nag oor die goeie dinge wat U doen. Ek steek dit nie weg nie.Ek vertel dat U getrou is en mense vrymaak. Ek bly nie stil oor wat U doen as die gemeente bymekaarkom nie.

12. Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie.Pas my altyd op. Wees lief vir my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 40