Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 4:2-5 Die Boodskap (DB)

2. God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra!U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee.In ’n krisis het U ’n sagte hart.Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed.

3. Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep?Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!

4. Besef dat die Here baie omgee en wonders doen vir mense wat agter Hom aanloop.Hy help my wanneer ek by Hom hulp kom vra.

5. Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie.Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.

Lees volledige hoofstuk Psalms 4