Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:34-40 Die Boodskap (DB)

34. Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is.Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan.

35. Ek het al baie keer gesien hoe gewetenlose mense wat sonder God leef met ’n groot lawaai op die toneel verskyn,

36. maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie.

37. Maar kyk ’n bietjie na mense wat na die Here luister, mense van vrede.Hulle het ’n toekoms.

38. Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, leef in ’n doodloopstraat. Hulle word uitgeroei. Hulle het geen toekoms nie.

39. Maar mense wat reg lewe, word deur die Here gehelp. Hulle skuil by Hom.

40. Hy red hulle as hulle die dag swaarkry.Die Here gee baie vir hulle om.Daarom red Hy hulle wanneer slegte mense hulle wil seermaak.By die Here is daar redding. Altyd!

Lees volledige hoofstuk Psalms 37