Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Kom, julle, kom maak die Here se Naam saam met my groot. Kom laat ons Hom vereer.

5. In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen.Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig.

6. Mense wat swak is en hulp nodig het, sien dit raak. Hulle gesigte straal van blydskap.As hulle die Here se hand styf vashou, sal Hy hulle nooit teleurstel nie.

7. Kyk maar na my. Ek was swak en hulpeloos.Toe het ek gebid en die Here het my gehelp. Hy het my uit al my krisisse gehelp.

8. Die Here stuur sy engele om mense te beskerm wat Hom dien. Hy verlos hulle wat Hom aanbid.

9. Julle moet self kom ervaar hoe goed die Here is. Jy is baie gelukkig as jy van die Here afhanklik is om jou op te pas.

Lees volledige hoofstuk Psalms 34