Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:2-13 Die Boodskap (DB)

2. Kom prys die Here met julle musiekinstrumente!Sing lofliedere. Vereer Hom met julle instrumente!

3. Kom sing ’n lied met splinternuwe woorde! Juig oor Hom.Eer Hom! Sing en maak musiek uit julle hart uit!

4. Die Here verdien lof, want Hy doen altyd wat Hy sê.Jy kan Hom vertrou, want Hy is betroubaar.

5. Hy hou van mense wat reg lewe.Oral kan mense die Here se groot liefde raaksien.

6. Deur net ’n woord te sê het die Here die blou hemelkoepel gemaak.Al die sterre, planete, mane en sonne het deur sy krag ontstaan.

7. Toe het Hy al die watermassas van die see bymekaargemaak en op een plek bymekaargesit. Hy gaar al die waters op.

8. Daarom moet alles en almal vir Hom respek hê.Elkeen in die wêreld moet eerbied vir God hê.

9. As Hy praat, gebeur groot dinge.Hy gee net ’n bevel, dan verander sy woorde in dade.

10. Die Here krap mense wat Hom nie dien nie se planne heeltemal deurmekaar.Alles wat hulle besluit, laat Hy misluk.

11. Maar dit wat die Here vir sy kinders beplan, sal nooit vernietig word nie.Dit wat Hy vir hulle beplan, geld vir altyd.

12. Mense wat die Here as God aanbid, sal baie gelukkig wees.Hulle is sy kinders. Vir Hom is hulle elkeen baie spesiaal.

13. Daar in die hemel is die Here baie besorg oor al die mense wat Hy gemaak het.Hy sorg vir almal.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33