Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32:7-11 Die Boodskap (DB)

7. U beskerm my. U pas my op in elke krisis.U laat my uitroep van vreugde wanneer U my red.

8. Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou.Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei.Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas.

9. Moenie so dom soos ’n perd of ’n donkie wees nie. Hulle het maar min verstand.Hulle moet met ’n toom en ’n teuel gelei word, anders beteken hulle niks nie.

10. Mense wat die Here nie dien nie, ken baie hartseer. Maar elkeen wat op die Here vertrou, kan op sy groot liefde staatmaak.Die Here sal hom met sy goedheid toevou.

11. Julle almal wat die Here liefhet, wees bly en opgewonde!Juig oor die Here! Juig, julle almal wat opreg is!

Lees volledige hoofstuk Psalms 32