Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 28:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my.Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vasbid nie.As U my nie help nie, sal ek so goed soos dood wees.

2. Help my tog as ek by U pleit.Ek het u hulp dringend nodig.Ek lig my hande op na U in u woonplek.

3. Moet my nie laat doodgaan saam met mense wat nie in U glo nie. Hulle doen verkeerde dinge.Hulle is skynheilig. Hulle praat mooi woordjies, maar agteraf dink hulle slegte goed uit.

4. Straf hulle vir die slegte dinge wat hulle aanvang.Laat hulle boet. Betaal hulle met gelyke munt terug vir wat hulle doen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 28