Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17:4-12 Die Boodskap (DB)

4. Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie.Ek het net gedoen wat U van my verwag.Ek weet ek doen net wat U wil hê.

5. Ek het net agter U aangeloop.Ek dwaal nie van u pad af nie.

6. Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God!Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê.

7. Wys met wat U doen hoe lief U vir my is.Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak.

8. Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.Daardie mense wil my met geweld vernietig.

9. Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien.Hulle voel niks vir niemand.

10. Wanneer hulle praat, hoor jy hoe baie hulle van hulleself dink. Dit straal uit hulle uit.

11. Oral waar ek gaan, loop hulle agter my aan.Van alle kante bekruip hulle my.Hulle wag net vir die regte oomblik om my tot ’n val te bring.

12. Mense wat weier om U te dien is soos ’n spul leeus wat regstaan om hulle prooi uitmekaar te skeur.

Lees volledige hoofstuk Psalms 17