Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17:3-8 Die Boodskap (DB)

3. U wou weet hoe ek optree as ek alleen is; daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak. U het my getoets.Maar U kon geen fout vind nie.

4. Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie.Ek het net gedoen wat U van my verwag.Ek weet ek doen net wat U wil hê.

5. Ek het net agter U aangeloop.Ek dwaal nie van u pad af nie.

6. Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God!Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê.

7. Wys met wat U doen hoe lief U vir my is.Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak.

8. Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.Daardie mense wil my met geweld vernietig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 17