Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 16:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Beskerm my, o God, want ek kom kruip by U weg.U pas my op.

2. Ek het vir die Here gesê: U alleen is my Heer.U is die heel belangrikste in my lewe.Ek is deel van ’n skare mense wat U dien en eer. Ek is bly as ek tussen hulle is.

3. Maar daardie mense wat dooie gode dien se hartseer word by die dag net groter.

4. Sulke afgode, hoe mooi hulle ook al mag lyk, sal ek nooit dien nie.Ek sal selfs nie eens hulle name noem nie.

5. Alles wat die Here vir my doen, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.

6. U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee.Ek kan nie uitgepraat raak oor al die wonderlike dinge nie.Dit maak my baie gelukkig. Ek bly in ’n mooi land.

Lees volledige hoofstuk Psalms 16