Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 11:4-7 Die Boodskap (DB)

4. Die Here is in sy woonplek. Hy regeer uit die hemel oor alles.Hy kyk wat mense doen en toets hulle optrede.

5. Die Here kyk of dié wat reg lewe sy toets slaag. Hy het geen tyd vir daardie spul wat alles met hulle vuiste en wapens wil uitsorteer nie.

6. Mag die Here almal wat Hom nie dien nie, voor Hom wegvee.Mag Hy hulle soos ’n orkaan tref.

7. Die Here is altyd regverdig. En Hy hou daarvan as mense die regte dinge doen.Almal wat opreg lewe, sal voor die Here kan gaan staan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 11