Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:8-15 Die Boodskap (DB)

8. Hulle lê mense voor. Hulle maak onskuldige mense dood.Hulle gebruik elke kans wat hulle kry om mense uit te buit wat hulpeloos is.

9. Omdat hulle agteraf konkel, is hulle so gevaarlik soos ’n spul honger leeus.Hulle wag vir die regte oomblik om dié wat swak is te vang. Hulle pynig die armes wat hulle gevang het.

10. Hierdie spul verpletter hulpeloses se lewe.Hulle beheer almal wat hulle in hulle mag kry.

11. Hulle sê vir hulleself: “God het vergeet wat ons doen. Hy sien dit nie raak nie. Hy steur Hom nie daaraan nie!”

12. Gryp in, Here! God, wys dat U die sterkste is.Moenie mense wat sleg behandel word, vergeet nie!

13. Die goddeloses het geen respek vir U nie.Hulle dink: “God gaan ons nie laat rekenskap doen van al ons slegte dade nie!”

14. Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word.Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U.Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor.U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie.

15. Bring ’n einde aan die magspel van die mense wat aanhou om slegte dinge te doen, Here! Moenie dat een verkeerde daad van hulle ongestraf bly nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10