Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:4-13 Die Boodskap (DB)

4. Mense wat die Here nie dien nie, loop altyd neus in die lug. Hulle dink te veel van hulleself. Hulle sê: “God straf tog nie sulke dade nie.”Party van hulle gaan nog verder en sê:“Daar is in elk geval geen God nie.”

5. Dit gaan goed met alles wat hulle doen. Hulle is suksesvol. Dit lyk of hulle glad nie bang is vir u straf nie. Hulle buit ander uit. En hulle sien U nie raak nie.

6. Hulle dink dat geen ramp hulle sal tref nie. Niks slegs kan met hulle gebeur nie.

7. Daardie spul slegte mense vloek links en regs.Hulle is oneerlik.Hulle trap op mense so ver as wat hulle gaan. As hulle praat, is dit slegte dinge om mense te na te kom.

8. Hulle lê mense voor. Hulle maak onskuldige mense dood.Hulle gebruik elke kans wat hulle kry om mense uit te buit wat hulpeloos is.

9. Omdat hulle agteraf konkel, is hulle so gevaarlik soos ’n spul honger leeus.Hulle wag vir die regte oomblik om dié wat swak is te vang. Hulle pynig die armes wat hulle gevang het.

10. Hierdie spul verpletter hulpeloses se lewe.Hulle beheer almal wat hulle in hulle mag kry.

11. Hulle sê vir hulleself: “God het vergeet wat ons doen. Hy sien dit nie raak nie. Hy steur Hom nie daaraan nie!”

12. Gryp in, Here! God, wys dat U die sterkste is.Moenie mense wat sleg behandel word, vergeet nie!

13. Die goddeloses het geen respek vir U nie.Hulle dink: “God gaan ons nie laat rekenskap doen van al ons slegte dade nie!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 10