Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Here, waarom maak U asof U my nie ken nie? Hoekom bly U eenkant staan?Dit voel of U baie ver van my af is. In krisisse is U weg as ’n mens U regtig nodig het!

2. Mense wat arrogant is en nie na U luister nie, dink hulle is beter as dié wat hulpeloos is.Daarom trap hulle op die swakkes.Sorg asseblief dat hulle die slagoffers van hulle eie slegte planne word.

3. Mense wat God nie dien nie, geniet dit om sonde te doen.Hulle sê vir mense wat oneerlik wins maak om daarmee aan te hou.Vir die Here het hulle geen respek nie.

4. Mense wat die Here nie dien nie, loop altyd neus in die lug. Hulle dink te veel van hulleself. Hulle sê: “God straf tog nie sulke dade nie.”Party van hulle gaan nog verder en sê:“Daar is in elk geval geen God nie.”

5. Dit gaan goed met alles wat hulle doen. Hulle is suksesvol. Dit lyk of hulle glad nie bang is vir u straf nie. Hulle buit ander uit. En hulle sien U nie raak nie.

6. Hulle dink dat geen ramp hulle sal tref nie. Niks slegs kan met hulle gebeur nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10