Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:8-16 Die Boodskap (DB)

8. En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos.

9. Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een.

10. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie.

11. ’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm.

12. Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie.

13. Dit is goed as ’n jong, intelligente man oor die land regeer. Al kom hy uit ’n arm familie en al was hy in die tronk,

14. is hy nogtans beter as ’n dom, ou koning na wie niemand luister nie.

15. Ek het gesien hoe al die mense ’n jong koning ondersteun.

16. Baie mense het van hom gehou, maar volgende geslagte het nie eens meer aan hom gedink nie. Dit wys net hoe sinloos alles is. Alles kom tot niks.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4