Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:3-13 Die Boodskap (DB)

3. teen skemer op die dag wat Ek bepaal het aan die begin van die lente. Doen dit presies soos Ek voorskryf.”

4. Moses het toe die Israeliete beveel om die paasfees te vier.

5. Hulle het dit aan die begin van die lente daar in die Sinaiwoestyn op die vasgestelde dag gedoen.

6. Daar was egter ’n klomp mense wat nie aan die paasfees kon deelneem nie, aangesien hulle iemand moes begrawe en aan ’n lyk geraak het. Hulle kon daarom nie aan godsdienstige aktiwiteite deelneem nie. Hulle het toe met Moses en Aäron gaan praat en vir hulle gesê:

7. “Ons weet ons is onrein om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem, want ons moes aan ’n dooie vat. Maar hoekom keer dit ons om saam met die res van die Israeliete hierdie offer aan die Here te bring?”

8. “Wag hier,” het Moses gesê, “ek moet eers hoor wat die Here daarvan dink.”

9. Die Here se antwoord hierop was:

10. “Sê vir die Israeliete: As een van julle of een van julle kinders onrein geword het omdat julle met ’n lyk in aanraking gekom het, of as iemand dalk op daardie stadium op reis is en nie die seremonie kan bywoon nie, mag hulle nog steeds die Here se paasfees vier.

11. Al wat moet gebeur, is dat hulle dit presies moet doen volgens al die voorskrifte, maar dan net ’n maand later. Hulle moet die paaslam eet saam met die brood wat sonder suurdeeg gebak is en die sous wat van bitter kruie gemaak is.

12. Hulle mag niks van die vleis vir die volgende môre oorhou nie en hulle mag ook nie ’n been van die paaslam breek nie. Hulle moet die voorskrifte vir die paasfees streng gehoorsaam.

13. Maar as iemand nie op reis is nie of nie godsdienstig onrein is nie en nogtans weier om die paasfees op die regte tyd te vier, moet so ’n persoon uit die gemeenskap uitgeskop word. Dan moet hy maar die gevolge van sy daad dra.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9