Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 31:20-41 Die Boodskap (DB)

20. Julle moet elke stuk klere en elke ander ding wat van leer of bokhaar of hout gemaak is, ook reinig.”

21-23. Eleasar het toe vir die soldate gesê: “Die Here het vir Moses beveel: Alle oorlogsbuit wat hitte kan verduur, soos goud, silwer, brons, yster, tin en lood, moet eers met vuur skoongebrand word en daarna met reinigingswater skoongewas word. Daarna is dit skoon en aanvaarbaar voor die Here. Alles wat nie met vuur skoongemaak kan word nie, moet net met reinigingswater gewas word.

24. Julle moet almal op die sewende dag julle klere was. Daarna sal julle weer rein wees en in die kamp kan inkom.”

25. Die Here het vir Moses gesê:

26. “Jy en Eleasar en die leiers van elke stam moet ’n opname maak van al die oorlogsbuit, dit sluit mense en diere in.

27. Verdeel dit dan in twee en gee een helfte vir die soldate en die ander helfte vir die res van die volk wat hier agtergebly het.

28. Uit die soldate se helfte moet jy vir die Here ook sy deel gee. Een uit elke 500 mense, beeste, donkies, skape en bokke behoort aan die Here.

29. Gee dan hierdie bydrae vir Eleasar as ’n geskenk aan die Here.

30. Jy moet ook een uit elke 50 van alles wat aan die volk gegee word, mense, beeste, donkies, skape en bokke, by hulle vat. Hierdie gedeelte moet jy vir die Leviete gee wat in beheer is van die tabernakel waar Ek aanbid word.”

31. Moses en Eleasar het hierdie opdrag van die Here uitgevoer.

32. Die buit wat oorgebly het uit wat die soldate gebuit het, was 675 000 stuks kleinvee,

33. 72 000 beeste,

34. 61 000 donkies,

35. en 32 000 maagde.

36. Die soldate wat gaan veg het, se deel was 337 500 stuks kleinvee,

37. waarvan 675 ’n geskenk aan die Here was,

38. 36 000 beeste, waarvan 72 ’n geskenk aan die Here was,

39. 30 500 donkies waarvan 61 ’n geskenk aan die Here was,

40. en 16  000 mense van wie 32 ’n geskenk aan die Here was.

41. Moses het vir die priester Eleasar sy deel gegee soos die Here gesê het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 31