Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 31:1-12 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Julle moet wraak neem op die Midianiete omdat hulle die Israeliete verlei het om afgode te aanbid. Na dit sal jy sterf.”

3. Moses het toe vir die volk gesê: “Kies ’n groep soldate en stuur hulle om die Midianiete in die Naam van die Here te gaan straf.

4. Julle moet 1 000 soldate uit elke stam kies om te gaan veg.”

5. Hulle het toe 1 000 soldate uit elke stam gekies en hulle met wapens toegerus om te gaan veg. Daar was altesaam 12 000 soldate.

6. Moses het die soldate saam met Eleasar se seun Pinehas gestuur om te gaan veg. Hulle het van die spesiale voorwerpe saamgevat wat hulle in die tabernakel gebruik het om God te dien en ook die trompette waarmee hulle seine aan die soldate kon gee.

7. Hulle het die Midianiete aangeval presies soos die Here beveel het, en al die mans doodgemaak.

8. Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak.

9. Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop.

10. Hulle het ook al hulle stede en dorpe verbrand.

11. Nadat hulle al hulle oorlogsbuit en al die mense en diere bymekaargemaak het,

12. het hulle dit alles na hulle kamp toe gevat op die vlaktes van Moab. Dit is regoor Jerigo langs die Jordaanrivier. Daar het hulle alles vir Moses en die priester Eleasar in die teenwoordigheid van die volk gegee.

Lees volledige hoofstuk Numeri 31