Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:24-38 Die Boodskap (DB)

24. Verder moet julle ook die voorgeskrewe graan- en drankoffers offer.

25. Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook nog steeds gebring word.

26. “Op die vyfde dag van die fees moet julle nege jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer.

27. Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers offer.

28. Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet steeds gebring word.

29. “Op die sesde dag van die fees moet julle agt jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat gesond is, offer.

30. Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers offer.

31. Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook nog gebring word.

32. “Op die sewende dag van die fees moet julle sewe jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer.

33. Julle moet ook die graan- en drankoffers offer.

34. Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet steeds gebring word.

35. “Die agtste dag moet julle ook nog feesvier. Niemand mag enige werk doen nie.

36. Die brandoffer wat julle op dié dag vir die Here moet bring, is ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.

37. Bring ook die graan- en drankoffers.

38. Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook gebring word.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29