Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:1-10 Die Boodskap (DB)

1. “Op die eerste dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is ’n dag waarop julle moet feesvier.

2. Dan moet julle vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.

3. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, offer, saam met elke ram twee kilogram

4. en saam met elke lam een kilogram.

5. Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde.

6. Die gereelde maandelikse en daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, moet egter nog steeds gebring word. Dit is die soort offers waarvan die Here hou en wat Hy aanvaar.”

7. “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle weer vir ’n besondere lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op dié dag moet julle oor julle sonde nadink en dit voor My bely. Niemand mag op dié dag werk nie.

8. Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie.

9. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met die ram twee kilogram

10. en saam met elke lam een kilogram.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29