Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:2-8 Die Boodskap (DB)

2. “Sê vir die Israeliete om op die tye wat Ek bepaal het, offers en vuuroffers vir My te bring. Dit sal vir My aanvaarbaar en goed wees.

3. “Hierdie is dan die vuuroffers wat hulle vir die Here moet bring: Daar is ’n brandoffer wat elke dag vir die Here gebring moet word. Hierdie offer bestaan uit twee jong rammetjies van ’n jaar oud. Hulle mag nie iewers ’n liggaamsgebrek hê nie.

4. Offer een in die oggend en een in die aand.

5. Saam met hierdie offer moet daar ook ’n graanoffer gebring word wat bestaan uit een en ’n half kilogram meel wat met ’n liter suiwer olyfolie aangemaak is.

6. Dit is die brandoffer wat die Here reeds by die berg Sinai ingestel het en waarvan Hy hou.

7. Die drankoffer wat by hierdie offer hoort, is ’n liter wyn wat oor die altaar uitgegooi word.

8. Die tweede lam moet in die aand geoffer word met presies dieselfde graan- en drankoffers as dié van die oggend. Dit is ’n vuuroffer waarvan die Here hou.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 28