Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:1-15 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses en Aäron die volgende instruksies gegee:

2. “Wanneer die Israeliete kamp opslaan, moet julle aan elke groep ’n sekere gebied toeken waar hulle hulle tente moet opslaan. Hulle moet ook hulle eie vlag daar laat waai. Die tent waar Ek aanbid word, moet in die middel van die kamp wees met die ander tente so ’n ent weg reg rondom die tabernakel opgeslaan.

3. “Die stam van Juda moet hulle kamp aan die oostekant, waar die son opkom, opslaan. Hulle moet by hulle vlag bly, en ingedeel in leërafdelings. Amminadab se seun Nagson is die leier van die stam.

4. Juda se soldate is 74 600.

5. Die stam van Issaskar moet langs Juda kamp opslaan. Suar se seun Netanel is die leier.

6. Hulle het 54 400 soldate.

7. Daarna volg die stam Sebulon met Gelon se seun Eliab as leier.

8. Hierdie stam het 57 400 soldate.

9. Die totaal van al die troepe in Juda se kamp is 186 400 soldate. Hierdie drie stamme moet altyd eerste trek as julle julle kamp verskuif.

10. “Die stam van Ruben moet aan die suidekant kamp opslaan, by hulle vlag, en hulle moet ingedeel word in verskillende leërafdelings. Sedeür se seun Elisur is die leier van die stam.

11. Ruben se getal soldate is 46 500.

12. Die stam van Simeon moet langs Ruben kamp opslaan. Suri-Saddai se seun Selumiël is die leier van die stam.

13. Daar is 59 300 soldate in die stam.

14. Daarna volg die stam van Gad met Reüel se seun Eljasaf as hulle leier.

15. Sy getal soldate is 45 650.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2