Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 17:7-13 Die Boodskap (DB)

7. Moses het toe die kieries gevat en hulle in die tent gaan neersit, daar waar die Here se ark staan.

8. Die volgende môre toe Moses by die tent ingaan, sien hy dat Aäron se kierie, wat die stam van Levi verteenwoordig, vol nuwe uitgroeisels was. Om die waarheid te sê, daar was nie net nuwe uitgroeisels aan die kierie nie, maar ook bloeisels en selfs ryp amandels.

9. Moses het al die kieries uit die tent uitgevat en hulle vir die volk gaan wys. Daarna het elke leier sy eie kierie teruggevat.

10. Toe sê die Here vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug in die verbondsark as ’n bewys vir enigiemand wat weer in opstand teen julle wil kom. Bring nou dadelik ’n end aan almal se opstandigheid teen My, want as hulle nie daarmee ophou nie, gaan daar beslis nog meer mense doodgaan.”

11. Moses het gedoen wat die Here vir hom gesê het.

12. Die Israeliete sê toe vir Moses: “Ons is so goed as dood! Dis verby met ons almal!

13. Ons kan dit nie eens naby die tent van die Here waag om te offer sonder om dood te gaan nie. Ons sal almal net hier doodgaan.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 17