Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 17:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die twaalf leiers van die stamme om elkeen vir jou ’n kierie te bring. Jy moet elke leier se naam op sy kierie skryf.

3. Maar jy moet Aäron se naam op Levi se kierie skryf omdat daar net een kierie vir elke stam mag wees.

4. Sit dan die kieries voor die ark in die tent neer, daar waar Ek julle altyd ontmoet om met julle te praat.

5. Ek sal die kierie van die persoon wat Ek uitkies om priester te wees, laat groei. Op dié manier sal Ek ’n einde maak aan die Israeliete se voortdurende gekerm en gekla teen jou en Aäron.”

6. Moses het vir die volk vertel wat die Here gesê het. Elke stamleier het toe vir hom ’n kierie gebring. Aäron het ook sy kierie gebring, sodat daar twaalf kieries was, een vir elke stam.

7. Moses het toe die kieries gevat en hulle in die tent gaan neersit, daar waar die Here se ark staan.

8. Die volgende môre toe Moses by die tent ingaan, sien hy dat Aäron se kierie, wat die stam van Levi verteenwoordig, vol nuwe uitgroeisels was. Om die waarheid te sê, daar was nie net nuwe uitgroeisels aan die kierie nie, maar ook bloeisels en selfs ryp amandels.

9. Moses het al die kieries uit die tent uitgevat en hulle vir die volk gaan wys. Daarna het elke leier sy eie kierie teruggevat.

Lees volledige hoofstuk Numeri 17