Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:10-16 Die Boodskap (DB)

10. en die wolk weer van die tent af oplig, was Mirjam se hele vel met ’n lelike uitslag oortrek. Haar hele vel was spierwit. Toe Aäron na Mirjam kyk en sien hoe sy lyk,

11. het hy vir Moses gesê: “Asseblief, my heer, moet tog nie ons dwaasheid wat ons in ’n oomblik van swakheid kwytgeraak het, teen ons hou nie.

12. Moet Mirjam asseblief nie so siek laat bly nie. Dit is omtrent net so erg soos ’n kind wat doodgebore word, waarvan die liggaam al halfpad ontbind het.”

13. Moses het toe gebid en gevra: “God, maak haar asseblief weer gesond!”

14. Hierop het die Here geantwoord: “As sy ’n kind was en haar pa het opsetlik voor ander mense in haar gesig gespoeg om haar te verneder, sou sy nie die reg gehad het om voor oor sewe dae weer in die openbaar te verskyn nie. So, laat haar nou sewe dae lank buite die kamp bly sonder dat iemand naby haar kom. Na die sewe dae mag sy weer terugkom.”

15. Mirjam is toe vir sewe dae uit die kamp verban en die volk het eers weer verder getrek nadat sy teruggekom het.

16. Hulle het kamp opgebreek en van Gaserot af verder getrek tot in die Paranwoestyn, waar hulle weer kamp opgeslaan het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 12