Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Mirjam en Aäron het Moses gekritiseer omdat hy met ’n vrou uit Kus getrou het.

2-4. “Het die Here dan net deur Moses gepraat en nie deur ons ook nie?” wou hulle by hom weet. Die Here het gehoor wat hulle sê, want Moses was ’n baie nederige mens, die nederigste op aarde. Die drie van hulle is deur die Here aangesê om dadelik na die tent toe te gaan waar Hy aanbid word. Hulle is toe soontoe.

5. Die Here het toe in ’n wolk afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Toe roep Hy vir Aäron en Mirjam nader en sê vir hulle:

6. “Luister nou mooi na wat Ek vir julle sê. As Moses net ’n gewone profeet was, sou Ek met hom gepraat het soos met die ander profete, deur visioene en drome.

7. Maar dit is nie hoe Ek met my dienaar Moses werk nie. Hy is my spesiale vertroueling.

Lees volledige hoofstuk Numeri 12