Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:25-34 Die Boodskap (DB)

25. Baie mense het in dorpe naby hulle plase gebly. Dié uit die stam van Juda het in Kirjat-Arba, Dimona en in Kabseël en in van die ander kleiner nedersettings in hulle omgewing gebly.

26. Ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet,

27. in Gasar-Sual, en ook in Berseba en die nedersettings in daardie omgewing.

28. Ook in Siklag en in Mekona met hulle omringende dorpies

29. en in En-Rimmon, Sora en Jarmut.

30. Hulle het ook in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle gebly. Hulle het in Lakis en op die plase daar naby gebly, asook in Aseka met sy omringende dorpies. Hulle het dus in die gebied gebly wat strek van Berseba in die suide tot by die vallei van Hinnom in die noorde.

31. Die stam van Benjamin het in Geba, Mikmas, Aja en Bet-El met sy nedersettings gebly.

32. Verder ook in Anatot, Nob, Ananeja,

33. Gasor, Rama, Gittajim,

34. Gadid, Seboïm, Neballat,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11