Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:15-27 Die Boodskap (DB)

15. Semaja die seun van Gassub, die seun van Asrikam, die seun van Gasabja, die seun van Bunni;

16. Sabbetai en Josabad was prominente figure onder die Leviete en hulle was verantwoordelik vir die werk buite die tempel;

17. Mattanja die seun van Miga, die kleinseun van Sabdi, ’n afstammeling van Asaf, was die koorleier. Hy het hulle in die gebed van danksegging gelei. Bakbukja was Mattanja se assistent. Daar was ook Abda die seun van Sammua, die seun van Galal, die seun van Jedutun.

18. Daar was altesaam 284 Leviete in Jerusalem, die stad wat aan God gewy is.Die hekwagte:

19. Akkub, Talmon en hulle assistente wat by die hekke waggehou het, was altesaam 172.

20. Die res van Israel en die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda op hulle familiegrond gebly.

21. Die tempelwerkers het op die Ofelheuwel gebly. Hulle het onder die toesig van Siga en Gispa gewerk.

22. Die leier van die Leviete in Jerusalem was Ussi die seun van Bani, die seun van Gasabja, die seun van Mattanja, die seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wie se familie verantwoordelik was vir die musiek tydens die tempeldienste.

23. Daar was sekere koninklike reëls wat bepaal het wat hulle daagliks moes doen.

24. Petagja die seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag die seun van Juda, het die volk in die Persiese hof verteenwoordig.

25. Baie mense het in dorpe naby hulle plase gebly. Dié uit die stam van Juda het in Kirjat-Arba, Dimona en in Kabseël en in van die ander kleiner nedersettings in hulle omgewing gebly.

26. Ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet,

27. in Gasar-Sual, en ook in Berseba en die nedersettings in daardie omgewing.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11