Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:19-30 Die Boodskap (DB)

19. Die Here het verder ook vir Moses gesê:

20. “Aäron en elkeen na hom wat hom opvolg, moet vir die Here ’n offer bring op die dag wanneer hy in sy dienswerk aangestel word. Dit moet van twee kilogram fynmeel uit die graan wees. Die een helfte daarvan moet in die oggend vir die Here gebring word en die ander helfte teen die aand.

21. Dit moet met olie gemeng word, daarna op ’n plaat gebak en dan in krummels gebreek word. Dit is die soort offer waarvan die Here baie hou.

22. Aäron se seuns wat na hom aangestel word, moet dieselfde offers bring. Die Here het dit vasgestel en dit mag nie verander word nie. Die offer moet heeltemal verbrand word.

23. Elke offer uit die graan wat die dienaar vir die Here bring, moet heeltemal verbrand word. Daar mag ook niks daarvan geëet word nie.”

24. Die Here het ook nog verder vir Moses gesê

25. dat hy die volgende aanwysings vir Aäron en sy seuns moet gee vir offers wat vir oortredings gebring word: “Die offer vir oortredings moet op dieselfde plek gebring word waar die offers geslag en vir die Here verbrand word. Dit is spesiale offers wat net vir die Here gegee word.

26. Die dienaar wat die offer vir die sonde bring, mag wel daarvan eet. Hy moet dit in die binnehof van die tent van ontmoeting eet.

27. Elkeen wat met die vleis van die offer werk, moet in diens van die Here staan. As daar miskien van die offer se bloed op iemand se klere spat, moet hy die klere daar by die tent met water was.

28. As die vleis van die offer in ’n kleipot gaargemaak word, moet die pot daarna stukkend gebreek word. As dit in ’n koperpot gekook word, moet die pot daarna uitgeskuur word en met water uitgespoel word.

29. Al die mans wat by die tent werk, mag van die vleis eet. Dit is geheel en al afgesonder vir die dienswerk by die tent van die Here.

30. Niemand mag verder van die vleis van die dier eet as dit eers een maal in die tent van ontmoeting ingebring is om te vergoed vir die oortreding wat begaan is nie. Dit moet heeltemal met vuur verbrand word.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6