Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 3:1-7 Die Boodskap (DB)

1. “Iemand kan vir die Here ’n dier uit sy vee bring wat hy vir die Here wil gee waarvan hy self ook wil eet. Hy wil dit eet asof hy en die Here saam eet. Hy moet dan ’n bul of ’n koei na die Here by die tent van ontmoeting bring. Dit mag nie foute hê nie.

2. Die persoon sit sy hand op die dier se kop. Hy slag dit daar by die ingang van die tent van ontmoeting. Die dienaars uit Aäron se familie sprinkel van die bloed van die dier aan al die kante teen die offerplek.

3. Die persoon verbrand die dele van die dier wat hy vir die Here gebring het as ’n vuuroffer vir die Here. Hy vat dan die vet wat oor die binnegoed is,

4. die twee niere en die niervet wat daaraan is, en die vetlaag oor die lewer wat hy van die niere losgesny het.

5. Die Aärondienaars verbrand dit op die altaar in die vuur. Dit word ’n vuuroffer genoem waarvan die Here baie hou.

6. “As die dier wat iemand vir die Here bring om saam met die Here te eet uit die kleinvee kom, kan dit ’n manlike of ’n vroulike dier wees. Dit moet egter ’n gesonde dier wees.

7. As dit ’n jong ram is wat hy vir die Here gee, bring hy die dier na die Here toe.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 3