Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 24:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het gesê Moses moet by

2. die Israeliete suiwer olyfolie vra om die lampe in die tent aan die brand te hou.

3. “Aäron moet sorg dat daar elke nag ’n lamp is wat in die tent van samekoms brand, in die deel voor die gordyn wat die deel afskort wat vir die Here afgesonder is. Dit moet altyd aan die brand gehou word.

4. Hy moet ook kyk dat die lampies op die goue kandelaar gereeld brand.

5. Hy moet ook twaalf brode bak. Elkeen moet gebak word van drie kilogram fynmeel.

6. Hy moet die brood op die goue tafel voor die Here in twee stapels pak wat elkeen ses brode het.

7. By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 24