Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:12-24 Die Boodskap (DB)

12. by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here.

13. Hy mag net met ’n vrou trou wat nog nie by ’n man geslaap het nie.

14. Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie.

15. As hy met een van hulle sou trou, mag die kinders wat hy by die vrou kry, glad nie by die Here se tent kom werk nie. Ek is die Here. Ek het hom aan My alleen toegewy.”

16. Die Here het verder vir Moses gesê

17. om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie.

18. “Iemand wat blind is, of kreupel of gebreklik is aan sy lyf,

19. verlam is aan sy voet of sy hand,

20. wat ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n pêrel oor sy oog het, of ekseem of skurfsiekte het, of ’n verminkte geslagsdeel het, mag nie die offer by die Here se tent vir Hom bring nie.

21. Enige man uit Aäron se nageslag wat enige van hierdie probleme het, mag nie nader kom en by die tent die offer vir die Here bring nie. Sy gebrek verbied dit dat hy God se offer bring.

22. Hy mag egter saam met die ander dienaars in sy familie van die offers eet wat vir die Here gebring is, selfs ook van die spesiale offers.

23. Omdat hy gestremd is, mag hy egter glad nie naby die gordyn in die tent of by die altaar kom nie. Ek, die Here, het my tent afgesonder en dit iets spesiaals gemaak. Hy sal afbreuk daaraan doen as hy daar kom.”

24. Moses het dit toe aan Aäron en sy seuns en al die Israeliete oorgedra.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21