Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir die Israeliete: Wanneer ’n vrou ’n baba verwag en ’n seun in die wêreld bring, mag sy vir ’n week lank nie by my tent kom nie. Dit is net soos wanneer sy menstrueer en haarself vir sewe dae eenkant moet hou.

3. Op die agtste dag moet die seuntjie besny word.

4. Daarna volg nog ’n verdere tyd van 33 dae. Totdat daardie tyd verby is, mag sy aan niks vat wat vir die Here eenkant gesit is nie. Sy mag ook nie na die tent toe gaan waar Ek aanbid word nie.

5. As dit ’n dogtertjie was, moet sy veertien dae lank nie tussen die ander mense kom nie. Die verdere tyd wat sy by die huis moet bly, is 66 dae.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 12