Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 9:1-2-4 Die Boodskap (DB)

1-2. Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.

3. Die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het

4. en hulle het besluit om hom om die bos te lei. Hulle het vir hulle padkos ingepak en ou, stukkende saalsakke op hulle donkies gesit en ook gehawende en gelapte wynsakke uitgesoek.

Lees volledige hoofstuk Josua 9