Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 8:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Toe sê die Here vir Josua: “Moet nou nie bang of mismoedig wees nie. Vat jou soldate en val die stad Ai aan. Ek sal vir jou die oorwinning gee oor die koning van Ai, sy mense, sy stad en sy hele land.

2. Jy moet Ai en sy koning verwoes net soos Jerigo. Maar hierdie keer mag julle die oorlogsbuit en die vee vir julleself hou. Beplan ’n verrassingsaanval van die agterkant van die stad af.”

3. Josua het hom toe gereedgemaak om Ai aan te val. Hy het 30 000 van sy beste soldate uitgekies en hulle in die nag na die stad toe gestuur

4. met die volgende opdrag: “Gaan kruip aan die agterkant van die stad weg, nie te ver van die stad af nie, en wees reg om aan te val.

5. Ek en die ander soldate wat by my is, sal ’n skynaanval op die stad loods. Wanneer Ai se soldate op ons afkom, sal ons omdraai en net soos die vorige keer vir hulle vlug.

Lees volledige hoofstuk Josua 8