Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:9-23 Die Boodskap (DB)

9. Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam.

10. Die derde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Sebulon. Hulle gebied strek tot by Sarid.

11. Van daar af loop die grens weswaarts tot by Marala en dan baie naby aan Dabbeset en die spruit oos van Jokneam verby.

12. Aan die teenoorgestelde rigting van Sarid af loop dit oos tot by die grens met Kislot-Tabor, dan in die rigting van Daberat en van daar af op tot by Jafia.

13. Hiervandaan gaan dit verder in ’n oostelike rigting tot by Gat-Hefer en Et-Kasin, totdat dit by Rimmon uitkom, van waar dit in die rigting van Nea draai.

14. Dan draai die grens noord in die rigting van Gannaton totdat dit in die vallei van Jiftag-El doodloop.

15. Daar was altesaam twaalf stede met hulle omringende dorpe, wat Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem ingesluit het.

16. Hierdie dorpe en stede was in die gebied wat Sebulon se families as erfdeel gekry het.

17. Die vierde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Issaskar.

18. Hulle gebied het bestaan uit Jisreël, Kesulot, Sunem,

19. Gafarajim, Sion, Anagarat,

20. Rabbit, Kisjon, Ebes,

21. Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.

22. Verder gaan hulle grens teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop uiteindelik dood teen die Jordaan. Daar is altesaam sestien stede met hulle omringende dorpe.

23. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Issaskar se families as erfdeel gekry het.

Lees volledige hoofstuk Josua 19