Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 2:6-10 Die Boodskap (DB)

6. Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God.

7. Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is.

8. Dié wat aan nuttelose afgode vashou, laat die Here los wat vir hulle so lief is.

9. Ek sal met ’n danklied op my lippe vir U offers bring; wat ek vir U beloof het, sal ek met graagte vir U gee. Dit is net die Here wat ons kan red.”

10. Die Here het toe met die vis gepraat. Hy het Jona op die land gaan uitspoeg.

Lees volledige hoofstuk Jona 2