Ou Testament

Nuwe Testament

Job 36:17-30 Die Boodskap (DB)

17. Maar jy het heeltemal te veel te sê oor die straf wat slegte mense moet kry. Al waaraan jy kan dink, is die regsake en straf.

18. Pas op dat rykdom jou nie die spoor byster laat raak nie. Moet ook nie dat ’n groot omkoopgeskenk jou op die verkeerde pad laat beland nie.

19. Nie jou rykdom en niks wat jy probeer doen, sal jou uit jou swaarkry kan verlos nie.

20. Moenie wens dat dit nag moet word nie, want dit is juis die tyd dat mense doodgaan.

21. Pas op! Moenie nou verkeerde dinge begin doen nie. Die doel van jou lyding was juis om jou van so ’n lewe af weg te hou.

22. “God se mag is ongelooflik groot. Wys my iemand wat ’n mens beter as Hy kan leer.

23. Net mooi niemand kan vir Hom sê wat om te doen nie. Wie sal dit waag om vir Hom te sê Hy doen verkeerd?

24. Dit is ’n baie beter idee om God te prys vir wat Hy al gedoen het. Daar was al mense wat lofliedere tot sy eer gesing het. Doen jy dit ook.

25. Alle mense kan die dinge sien wat Hy doen, al is dit ook net op ’n afstand.

26. “God is groot, maar ek dink nie ons weet regtig hoe groot nie. Ons weet ook nie hoe oud Hy is nie.

27. Hy laat die waterdamp opstyg en maak daarvan reën.

28. Die reën val dan uit die wolke op die mense neer en almal kan dit geniet.

29. Niemand kan verstaan hoe die wolke saampak en die donder uit die hemel aangerol kom nie.

30. Die weerlig blits oral in die hemel terwyl die bodem van die see toe onder die water bly.

Lees volledige hoofstuk Job 36