Ou Testament

Nuwe Testament

Job 31:35-40 Die Boodskap (DB)

35. “Ag, ek wens ek het iemand gehad wat net na my kant van die saak wou luister! Ek sal my handtekening gee om te bevestig dat ek die waarheid praat. Die Here moet my nou maar antwoord en sy klag teen my laat neerskryf.

36. Ek sal dat almal weet wat die klag teen my is. Ek is nie skaam om dit vir almal te wys nie.

37. Ek sal aan die Here verslag doen van alles wat ek gedoen het. Ek sal my kop optel as ek na God toe gaan.

38. “As my grond my aankla en die vore wat ek geploeg het, huil omdat ek oneerlik was,

39. of as ek oeste gekry het waarvoor ek nie betaal het nie of as ek die eienaars daarvan vermoor het,

40. mag daar dan dorings groei in plaas van koring, en bossies in plaas van gars.” Hier het Job opgehou praat.

Lees volledige hoofstuk Job 31