Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:1-12 Die Boodskap (DB)

1. Job het verder gepraat en gesê: “Maar nou word ek gespot deur mense wat jonger is as ek. Wie is hulle nou eintlik om dit te doen? Hulle pa’s is nie eens werd om saam met my skaaphonde die skape op te pas nie.

2. Hulle is nie vir my veel werd nie, want hulle het nie krag oor nie.

3. Hulle is maer en uitgeteer van die honger. Hulle het in die nagte in afgeleë en verlate plekke aan droë wortels gekou om aan die lewe te bly.

4. Hulle het growwe blare geëet en besemboswortels gebrand vir hitte.

5. Die mense het hulle oral weggejaag en vir hulle geskree asof hulle diewe is.

6. Nou bly hulle maar in die droë beddings van die stroompies en kruip weg in grotte en rotsskeure.

7. Daar waar hulle in die bosse was, het hulle geluide soos diere gemaak. Hulle het saam onder die bosse geskuil.

8. Hulle was dom mense wat nêrens ’n goeie naam gehad het nie. Die mense in die samelewing het hulle uitgestoot.

9. “Hulle seuns sing nou liedjies oor my om met my te spot. Hulle maak ’n gek van my.

10. Hulle dink minder as niks van my nie. Hulle kom nie eens naby my nie, behalwe as hulle op my kom spoeg.

11. God het my selfvertroue weggevat en my uitgelewer. Hulle maak nou met my net wat hulle wil.

12. Hierdie gemene spul mense val my sommer openlik aan. Hulle stamp my dat ek daar trek. Hulle bring allerhande goed teen my in om my te vernietig.

Lees volledige hoofstuk Job 30