Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:7-15 Die Boodskap (DB)

7. Dit sou beter gewees het as ek nooit daardie nag gebore is nie. Niemand moes bly gewees het omdat ek gebore is nie.

8. Daar is mense wat weet hoe om vloeke uit te roep. Hulle is die mense wat ook weet hoe om die seemonster op te roep. Laat hulle my geboorte vervloek!

9. Mag die môrester glad nie skyn nie. Mag daar niks kom van die hoop dat die dagbreek na die nag sal kom nie.

10. Dit is ’n groot jammerte dat ek daardie nag gebore is. Nou sit ek met hierdie groot ellende in my lewe.”

11. Job het verder gegaan en gesê: “Hoekom is ek nie doodgebore nie?

12. Hoekom het my ma my laat lewe en my versorg? Hoekom het sy my melk gegee om te kon lewe?

13. As ek by my geboorte dood is, sou ek nou geslaap het. Ek sou rus en vrede gehad het.

14. Ek sou nou saam met belangrike mense soos konings en beroemde leiers gerus het.

15. Ek sou gerus het saam met ryk prinse wat huise gehad het met baie goud en silwer in.

Lees volledige hoofstuk Job 3