Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:5-20 Die Boodskap (DB)

5. Laat donkerte my geboortedag insluk. Laat donker wolke dit toemaak. Die donkerte moet die lig wegdryf.

6. Die nag wat my lewe begin het, moet so verdwyn asof daar nooit eers so ’n nag bestaan het nie. Dit moet wees asof daar nooit so ’n dag in ’n spesifieke jaar of maand was nie. Die dag moet nie eers getel word nie.

7. Dit sou beter gewees het as ek nooit daardie nag gebore is nie. Niemand moes bly gewees het omdat ek gebore is nie.

8. Daar is mense wat weet hoe om vloeke uit te roep. Hulle is die mense wat ook weet hoe om die seemonster op te roep. Laat hulle my geboorte vervloek!

9. Mag die môrester glad nie skyn nie. Mag daar niks kom van die hoop dat die dagbreek na die nag sal kom nie.

10. Dit is ’n groot jammerte dat ek daardie nag gebore is. Nou sit ek met hierdie groot ellende in my lewe.”

11. Job het verder gegaan en gesê: “Hoekom is ek nie doodgebore nie?

12. Hoekom het my ma my laat lewe en my versorg? Hoekom het sy my melk gegee om te kon lewe?

13. As ek by my geboorte dood is, sou ek nou geslaap het. Ek sou rus en vrede gehad het.

14. Ek sou nou saam met belangrike mense soos konings en beroemde leiers gerus het.

15. Ek sou gerus het saam met ryk prinse wat huise gehad het met baie goud en silwer in.

16. Hoekom was ek nie maar ’n miskraam nie? Dan het ek nooit eers begin lewe nie.

17. Slegte mense hou op om kwaad te doen as hulle dood is en moeë mense kry kans om te rus.

18. Selfs mense wat gevangenes is, ontspan as hulle dood is. Die bewaarder verskree hulle nie daar nie.

19. Daar is ryk en arm mense gelyk. Daar is ’n werker vry van sy baas.

20. “Hoekom laat die Here mense lewe wat swaarkry? Hoekom lewe mense wat verbitterd is?

Lees volledige hoofstuk Job 3