Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23:8-11 Die Boodskap (DB)

8. “Ek gaan oos, en Hy is nie daar nie. Ek soek in ’n westelike rigting, maar ek kry Hom nie.

9. Ek het in die noorde en in die suide gesoek, maar ek kon Hom steeds nie kry nie.

10. Die Here ken my lewe. As Hy my sou toets, sal Hy uitvind dat ek soos suiwer goud is.

11. Ek leef soos Hy wil hê ek moet leef. Ek volg Hom en draai nie links of regs van die koers af nie.

Lees volledige hoofstuk Job 23