Ou Testament

Nuwe Testament

Job 22:3-16 Die Boodskap (DB)

3. Maak dit die Here bly as jy reg doen? Hou dit vir Hom enige voordeel in as jy reg leef?

4. Kla die Here jou aan en straf Hy jou omdat jy Hom eer en respekteer?

5. Nee, natuurlik nie. Dit is omdat jy so baie verkeerde dinge doen dat Hy jou aankla en straf. Jy hou net nie op om verkeerd te doen nie.

6. “Jy het byvoorbeeld van jou broers verwag om van hulle goed by jou te verpand, maar jy gee niks in ruil terug nie. Jy het selfs so ver gegaan om mense sonder klere te los omdat jy hulle kaalgestroop het.

7. Jy wou nie vir mense wat honger en dors was, kos of water gee nie.

8. Jy dink dat die grond net aan mense kan behoort wat mag het. Jy dink dat net bevoorregte mense daarop mag bly.

9. Jy het weduwees met leë hande weggestuur en weeskinders mishandel.

10. Daarom is daar nou oral vangstrikke om jou en kry jy angsaanvalle.

11. Dit is ook hoekom dit vir jou so donker is dat jy niks kan sien nie en die vloedwater oor jou spoel.

12. “God is so groot, Hy is hoër as die hemel. Ja, Hy is hoër as die verste sterre.

13. Maar jy reageer en sê: ‘God weet nie wat aangaan nie. Hy kan nie deur hierdie donker wolke sien om te oordeel wat ek doen nie.

14. Die digte wolke maak alles toe. Hy loop doer ver op die horison van die hemel rond. Dit is onmoontlik vir Hom om ons van daar af te kan sien.’”

15. Elifas het verder gevra: “Is jy steeds van plan om dieselfde verkeerde pad as die kwaaddoeners te loop?

16. Voordat dit eintlik hulle tyd was, is hulle uit die lewe weggeruk. ’n Rivier het hulle lewensfontein weggespoel.

Lees volledige hoofstuk Job 22